OPTOG! is op pad!

 

In 2019 ry ons na die uithoeke van ons mooie land én maak selfs ‘n wilde draai in Namibië!  Ons bussies word volgepak met ’n feestelike verskeidenheid van die beste musiek- en teatervermaak. Elke konsert is ’n kleurvolle ervaring en ’n verbeeldingryke viering van alles wat mooi is… ag, eintlik sommer net 'n viering van die lewe!  En so tussen my en jou:  daar is ook ’n paar heerlike verrassings op pad.  Een ding is vir seker:  ons laai iets vir almal in!


Ons bring die kuns!

 

Kry jou planne in plek:  beplan jou outfit, bespreek vir jou ’n bus, ‘n trein of ‘n tuk-tuk, of as jy moet, leen jou buurman se blink nuwe BMW!  Hoe dit ook al sy…

 

daag net OP!

Optog! - 'n trotse inisiatief van die Atterbury Trust

• © Optog! 2018 • Alle regte voorbehou! • All rights reserved! •