Ons land het geen tekort aan ikone nie...  en van die grootstes toer ook trots saam!

 

Kliek op die skakels hier onder om jou kaartjies te bespreek.  Konsertbesonderhede vir Namibië en enkele ander bestemmings word vroeg in 2019 bygewerk.

 

Ten spyte van alle ander avonture, bestaan Nataniël se lewe en loopbaan eintlik net uit twee dinge:  fantastiese stories en tydlose musiek.  In hierdie vertoning doen hy presies dit:   hy vertel verhale wat jou meevoer, inspireer, verbaas, laat hoop en laat skaterlag.  Hy sing liedere uit sy eie pen, asook splinternuwe weergawes van die van immergroen musiek uit die skatkis van soul, blues, pop, country, jazz en vergange rolprente.

 

Hy deel die verhoog met pianis, Charl du Plessis.  Kostuums is deur Floris Louw.

 

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15

20 Feb 2019

23 Feb 2019

10 Apr 2019

11 Apr 2019

Hierdie vertoning is ’n ontploffing van klank, melodieë, style, ritmes, fantasie, ontwerp en humor.

 

Nataniël vertel sy kenmerkende stories in Afrikaans en Engels, en maak musiek.  Pop, blues, soul, jazz, oorspronklik en splinternuut, klassiek en immergroen.  Hy inspireer, fantaseer, stel bloot, laat wenkbroue lig, bevraagteken, beantwoord, voer mee, troos en laat jou skaterlag.

 

Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).  Sy immerverrassende versameling kostuums is deur Floris Louw.

 

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15

 

Boeke, CD’s en leefstylprodukte te koop by alle vertonings.

26 Feb 2019

28 Feb 2019

14 Mrt 2019

15 Mrt 2019

02 Apr 2019

03 Apr 2019

06 Apr 2019

Vir meer as 20 jaar tree Nataniël reeds as spreker op.  Hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte.  Hy kom gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees.  Nou, vir die eerste keer bied hy sy praatjies in teaters aan!

 

Hy vertel stories, vermaak en verras, praat oor die plek van die individu in ’n gebroke samelewing, die afgryse van sosiale media, die waarde van kennis deel, elkeen se behoefte aan ’n spreekbeurt, gesondheid wat in die kop begin en ’n unieke oog wat lei tot ’n unieke lewe.  Dit alles is die dryfkrag agter sy optredes, ook hierdie leefstyl-geleentheid.  As die tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord.

 

Plesierig, skreeusnaaks en roerend.  Nataniël Gesels is ’n unieke ervaring!

02 Mrt 2019

06 Apr 2019

Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

 

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG!  Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree.  Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

 

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind.  Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

01 Mrt 2019

02 Mrt 2019

18 Mrt 2019

19 Mrt 2019

10 Jul 2019

17 Jul 2019

26 Jul 2019

09 Aug 2019

24 Aug 2019

04 Sep 2019

06 Sep 2019

14 Sep 2019

laaste week Sep 2019

15 Okt 2019

14 Nov 2019

16 Nov 2019

Stellenbosch

Stellenbosch

Pretoria

Pretoria

Roodepoort

Welkom

Sasolburg

Durban - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Polokwane

Oudtshoorn

Durbanville

Port Elizabeth - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Potchefstroom - In samewerking met Aardklop

Tzaneen

Bloemfontein

Kimberley

Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.  Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.

 

Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie:  dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo.  Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller.  De Villiers het die musiek gekomponeer.

 

Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.

23 Feb 2019

06 Mrt 2019

11 Mrt 2019

10 Mei 2019

laaste week Sep 2019

23 Okt 2019

24 Okt 2019

25 Okt 2019

Stellenbosch

Sasolburg

Pretoria

Krugersdorp - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Potchefstroom - In samewerking met Aardklop

Oos-Londen

Port Elizabeth - Kaartjies eersdaags beskikbaar

George

Met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets

 

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld.  Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak.  Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

 

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf.  ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

14 Feb 2019

09 Apr 2019

10 Apr 2019

11 Apr 2019

13 Apr 2019

14 Apr 2019

15 Jul 2019

12 Sep 2019

13 Sep 2019

14 Sep 2019

05 Nov 2019

06 Nov 2019

07 Nov 2019

08 Nov 2019

Stellenbosch

Pretoria

Roodepoort

Witbank - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Polokwane

Rustenburg

Upington

Welkom

Bloemfontein

Kimberley

Durban - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Port Elizabeth - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Hartenbos

Hermanus - Kaartjies eersdaags beskikbaar

• © Optog! 2018 - 2019 • Alle regte voorbehou! • All rights reserved! •