Kliek op die skakels hier onder om jou kaartjies te bespreek.  Konsertbesonderhede vir Namibië en enkele ander bestemmings word vroeg in 2019 bygewerk.

 

‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

 

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling.  Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

 

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar.  Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

29 Mei 2019

30 Mei 2019

01 Jun 2019

04 Jun 2019

05 Jun 2019

06 Jun 2019

07 Jun 2019

08 Jun 2019

11 Jun 2019

12 Jun 2019

13 Jun 2019

14 Jun 2019

16 Jun 2019

29 Jul 2019

23 Aug 2019

29 Aug 2019

30 Aug 2019

31 Aug 2019

Durban - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Oos-Londen

Port Elizabeth - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Hartenbos

Durbanville

Worcester

Beaufort-Wes - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Kimberley

Witbank - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Sasolburg

Kroonstad

Parys

Polokwane

Upington

Rustenburg - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Krugersdorp - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Kempton Park

Hoedspruit

'n Nostalgiese OPTOG!

 

Jak de Priester het die afgelope 16 jaar diep spore in die Afrikaanse musiekwêreld getrap met liedjies soos Sally Williams Nougat, Groen Mamba, Roer jou voete, die temalied van Binnelanders en vele meer.

 

Vir OPTOG! doen hy ’n konsert wat sy reis saamvat, met liedjies van die begin af tot nou.  Liedjies wat sal inspireer, wat sal laat lag en jou sal laat dink.  Daar is ook staaltjies uit, en liedjies wat geïnspireer is deur die program, Reis na Gister, waarvan hy die aanbieder was.  Saam met hom op die verhoog is ook wonderlike musikante wat die klavier, kitaar en trekklavier bespeel.

21 Feb 2019

22 Feb 2019

31 Mei 2019

01 Jun 2019

05 Jun 2019

Hoedspruit - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Ermelo

Malmesbury

Vredendal

Welkom

Die man wat die land se harte roer spring in 2019 in ’n OPTOG!-kombi!

 

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert sy debuutalbum in 2014 die Afrikaanse musiekbedryf kom verower het.   Hy skryf en sing roerende sielsmusiek wat jou nooi om jou hart oop te maak en saam te reis deur al die aspekte wat van jou mens maak.   As kunstenaar, glo hy dat musiek die krag het om emosie weer te gee, wat jy nie altyd in woorde kan uitdruk nie.

 

Someraarde is die naam van die album wat hy vroeg in 2019 bekendstel en dus ook die titel van die produksie wat hy en sy orkes vir OPTOG! sal aanbied.

 

In sy eie woorde:   "Dit bestaan uit 'n versameling liedjies en stories wat geput is uit ervarings in my lewe en die lewens van mense rondom my.   Ek vermoed hoop en vrede is 'n plek wat mens net binne jouself moet vind...   en wanneer mens dit vind raak die plekke waar mens beweeg, ongeag van die fisiese omstandighede, kleurryk en vreedsaam. Dis nie te sê ek kry dit reg nie, maar dis vir seker 'n diepe hoop."

 

Joshua na die Reën se bekendste liedjies is Die wêreld binne my en Lig op die Horison.

05 Apr 2019

23 Aug 2019

Sy jongste CD getiteld, Liefdegenerasie, merk nog ‘n groot sprong vorentoe vir Refentse, een van Suid-Afrika se gewildste jong kunstenaars.

 

Hy sit heerlik en tokkel op sy kitaar terwyl ons die land saam met hom plat ry.  Ons bring hom na jou toe, want hy delf dieper as ooit om sy ryke en eiesoortige musikale skat te ontgin.  Sy unieke karakter kom na vore met die saamsmee van poëtiese lirieke en musiek.  Dit beloof om ’n wonderskone ervaring te wees.

02 Mei 2019

03 Mei 2019

04 Mei 2019

08 Nov 2019

09 Nov 2019

Parys

Colesberg

Beaufort-Wes - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Vredendal

Springbok - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

 

Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit 'n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle.  As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!

 

Ons bring hulle na jou toe.  Grondpadlangs.  Met ‘n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente:   kitare, ‘n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ‘n legendariese ou Fender Telecaster.  Uniek en outentiek.

 

Die orkes is in 2017 vereer met 'n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

13 Jul 2019

11 Okt 2019

12 Okt 2019

02 Nov 2019

Optog! - 'n trotse inisiatief van die Atterbury Trust

• © Optog! 2018 • Alle regte voorbehou! • All rights reserved! •