OPTOG! het wonderlike vennote, borge, ondersteuners, raadgewers en pêlle saam met wie ons ’n paar baie spesiale projekte beplan en waarvan ons die details oor die volgende paar maande stelselmatig sal verklap.  Kyk uit vir:

 

Op Pad! - ’n oorspronklike OPTOG!-produksie met Vicky Sampson & Corlea Botha

 

Kortpad / Langpad - ’n viering van die moderne liedjies in die Afrikaanse folk-genre met Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee Band en Johrné van Huyssteen

 

Staan Op! - Schalk Bezuidenhout, Tracey-Lee Oliver en Vriende met ’n fees van skerpskertsery…  vir dié wat like van lag!

 

Pieter-Dirk Uys het toe ook maar “ja” gesê…  want OPTOG! wou hierdie legende tog ook so graag hê!

 

Karen Zoid - ’n reeks eksklusiewe en unieke Zoid-ervarings op plekke waar jy haar nooit sou verwag nie… dis al wat ons nou al mag sê…

 

Stef Bos - Waarskynlik Afrikaans se grootste ambassadeur in Europa.  Toerdatums vir OPTOG! is byna gefinaliseer!

 

Sarie! op Tog - nie net ons media-vennoot nie, maar die mense by Sarie! gaan hier en daar ook saamry!

 

Optog! - 'n trotse inisiatief van die Atterbury Trust

• © Optog! 2018 • Alle regte voorbehou! • All rights reserved! •