Een van die uitdagings vir teatervervaardigers, is dat speelvakke meestal beperk is tot die bestaande kunstefeeste.  OPTOG! toer in 2019 met drie teatertreffers.

 

Kliek op die skakels hier onder om jou kaartjies te bespreek.  Konsertbesonderhede vir Namibië en enkele ander bestemmings word vroeg in 2019 bygewerk.

 

Met Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel.  Teks en regie deur Nico Scheepers.  ‘n US Woordfees-produksie.

 

Frans, Andries en Ronald het mekaar jare laas gesien.  Nou moet die broers terugkeer na hul geboorteplaas, Nêrens, vir ’n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word.

 

Hierdie skreeusnaakse en hartroerende werk volg in die voetspore van die uiters suksesvolle komedie, Amper, Vrystaat, en was ‘n loket-sukses by elkeen van die bestaande feeste.  Nommerpas-teater vir OPTOG!

 

70 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 16 (Taal)

03 Apr 2019

04 Apr 2019

05 Apr 2019

06 Apr 2019

23 Okt 2019

24 Okt 2019

25 Okt 2019

26 Okt 2019

27 Okt 2019

Beaufort-Wes - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Colesberg - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Kimberley - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Kathu

Krugersdorp - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Ermelo

Sasolburg

Welkom

Pretoria

Met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm.   Teks deur Louis Pretorius en regie deur Tara Notcutt.

 

Die OPTOG! kombi is op pad en drie van Suid-Afrika se beste aktrises sit die agtersitplek vól!  Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

 

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag.  Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar.  Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng?  'n Bord sushi sou net so goed gewees het.  Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg.

 

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe.  Want hier sit hulle nou.  Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpille.  Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien.  Anel praat met 'n aantreklike man.  Christine maak haar oë toe.  Sy droom van stilte.  Absolute stilte.  Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn.  Sy mag dit nie dink nie, maar… .  sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.  Sal hulle ooit daar kom?  Of is almal net te vlugvoos?

16 Jul 2019

17 Jul 2019

18 Jul 2019

19 Jul 2019

20 Jul 2019

13 Nov 2019

14 Nov 2019

15 Nov 2019

16 Nov 2019

Malmesbury

George

Port Elizabeth - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Oos-Londen

Durban - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Ermelo

Sasolburg

Welkom

Krugersdorp - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Regie, teks en musiek deur Nico Scheepers.

 

Die volgende aflewering in Sandra Prinsloo se driekuns van eenpersoon-produksies wat so beeldskoon voorafgegaan is deur Die Naaimasjien en Oskar en die pienk tannie.

 

Vir die derde keer vertel Prinsloo ’n gewone mens se eenvoudige verhaal.  Nellie se verhaal.  ’n Rou en hartroerende reis deur die lewe, gevul met liefde, humor en leed.  Asook die tragiese verlies aan woorde wat met dementia gepaard gaan.  Jy gaan lag, jy gaan huil.

12 Apr 2019

13 Apr 2019

16 Mei 2019

17 Mei 2019

18 Mei 2019

06 Sep 2019

07 Sep 2019

Bloemfontein

Kimberley - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Oos-Londen

Port Elizabeth - Kaartjies eersdaags beskikbaar

George

Pretoria

Krugersdorp - Kaartjies eersdaags beskikbaar

Optog! - 'n trotse inisiatief van die Atterbury Trust

• © Optog! 2018 • Alle regte voorbehou! • All rights reserved! •