© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
‘n Boodskap van hoop deur KOOS KOMBUIS
Is jy ‘n fên van Koos Kombuis? Raak jy ten spyte daarvan ook soms moeg daarvan om by elke konsert dieselfde bekende liedjies te hoor? In hierdie spesiaal opgeneemde konsert wat jy vanaf 25 Julie 2020 hier kan kyk, gaan jy die kans kry om iets anders te hore te kry. Ietsie nuuts, maar ook ietsie moois uit die oude doos.
Tydens die afgelope paar maande van grendeltyd het Koos deur sy ou albums geluister en het hy ‘n klompie liedjies afgestof wat hy jare laas, of selfs nog nooit, by lewendige shows gespeel het nie. Hy het ook ‘n paar nuwe liedjies geskryf en terselfdertyd enkele liedjies ontdek wat nog nooit opgeneem is nie.
Koos gaan nou hierdie liedjies sing, maar ook meer as dit: hy gaan vir die eerste keer meer vertel van waar elke lied vandaan kom, hoekom hy dit geskryf het, en hoekom hy, ten spyte van die situasie in die land op die oomblik, nog glo in ons toekoms en in Afrikaans.
O, en julle het seker gehoor: Koos speel deesdae ook soms bekfluitjie!
Alle kaartjies is vir 72 uur geldig.
Ouderdomsbeperking: 16/taal.
R85.00