© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
Min kon dit doen soos Leonard Cohen, om met musiek en poësie ingang te kry tot ‘n mens se diep emosionele binneplekke.
Wie sou ooit verwag dat dieselfde snare van die siel geroer kan word in Afrikaans?
Tog het Koos van der Merwe en Matthys Maree dit reggekry. Die album, Leonard Cohen in Afri-kaans, het lank reeds goue status bereik. En nou kan jy hierdie vertoning in die gemak van jou eie huis beleef.
Volgens Matthys pas Cohen se musiek “Koos se stem soos ‘n handskoen. Husky, warm, laag en soulful … Dis die lirieke wat Cohen se songs so sterk maak. En Koos, met sy pragtige praat- en sangstem, vertolk dit uitstekend.”
’n Konsert vir die fynproewer. Digterlik. Meesleurend. Met Matthys Maree op die klavier en Koos van der Merwe op Kitaar.
R85.00