© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
Ontdek opnuut die musiek van Simon & Garfunkel in hierdie dinamiese en tydlose musikale reis deur 25 van hulle beste treffers.
Die liedjies van Simon & Garfunkel is wêreldbekend, is in talle films gebruik en deur kunstenaars jonk en oud deur die dekades hervertolk. Herleef al die treffers, insluitend BRIDGE OVER TROUBLED WATER, CECILIA, THE SOUND OF SILENCE, SCARBOROUGH FAIR, YOU CAN CALL ME AL, MRS. ROBINSON, GRACELAND en vele meer.
HERE’S TO YOU word deur ’n fantastiese geselskap van 8 talentvolle multi-instrumentaliste vertolk. Onder die musikale leiding van Wessel Odendaal sluit die geselskap Josh Ansley (#thevoiceSA2017 Naaswenner) op kitaar, Ashleigh Butcher op kitaar/ukelele/baskitaar, Daniel Geddes op klavier/kitaar, Hanna So op klavier/viool/tjello, Justin Swartz op cajon/perkussie, Phindy Dube (#Idols2017) op perkussie en Sanli Jooste op tjello in.
The vertoning bestaan uit vars, tog akkurate herinterpretasies van Simon & Garfunkel se immergroen liedjies. Die musiek prikkel beide nostalgie en verbeelding sodat jonk en oud die musiek kan beleef asof vir die eerste keer.
Geskik vir alle ouderdomme.
R65.00