© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
TWEE is sedert 2015 ‘n gunsteling in talle huis oor Suid-Afrika heen. Die duo het ‘n nuwe lid, Danielle Dippenaar, en hierdie sal die eerste keer wees wat baie aanhangers die geleentheid sal hê om haar in aksie te sien. Vir hierdie spesiale vertoning, deel hulle die verhoog met die alombekende Rixi Roman op baskitaar asook Ruan Graaff van Jo Black faam op elektriese kitaar. Alhoewel Herman meen dat dit vreemd was om voor leë sitplekke te speel, het die geleentheid om die verhoog met hierdie twee te deel, ten volle opgemaak daarvoor. So, maak jouself gemaklik, sit die klank lekker hard en kuier saam TWEE.
Vertoning beskikbaar vanaf 08:00 vm, 12 Julie.
Kaartjies is vir 72 uur nadat dit gekoop is steeds geldig.
R85.00