© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
E-Konsert nou beskikbaar!
Verlede jaar sou Nataniël en pianis Charl du Plessis hul 20 jaar saam op die verhoog vier met die gala-vertoning, TWINTIG! Hierdie konsert sou landwyd aangebied word. Weens omstandighede was dit slegs tweekeer op die planke, wel by Atterburyteater in November 2020.
Nataniël en Charl gesels oor 21 jaar, hulle speel en sing hul gunsteling-musiek, Nataniël vertel van die gewildste stories en verskyn in ’n versameling van uitsonderlike kostuums uit die meer as twee dekades.
Ook ghosting: Verskeie musikante met wie Nataniël en Charl al vir jare werk en steeds optree, speel saam vanaf hulle huise en ateljees.
’n Unieke, intieme, emosionele en feestelike vertoning vir die fynproewer, verfilm op die verhoog van die Atterburyteater op 30 en 31 Januarie voor klein, wettige en veilige gehore.
R120.00