© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
Helene Bester se gewilde kindermusiek CD, getiteld ‘Op die Plaas’, is nou ook beskikbaar in die verhoog konsert. Helenè word vergesel deur ‘n vriendelike karakter, genaamd Kristi Kat.
Van die snitte sluit in die bekende Hasie (oorspronklik deur Al Debbo vertolk) en Des en Dawn Lindberg se Die gezoem van die bye. Afgesien van bekende treffers soos Oupa se Ford en immergroen slaaptyd-liedjies soos Sterretjie, bevat die CD en konsert ook splinternuwe snitte wat Helenè self geskryf het, soos: Gebedjie, Die Plaashek en Kristi Kat, die temalied.
‘Op die Plaas’ is geskik vir voorskoolse luisteraars, maar jong kinders vanaf graad 1-3 sal ook hierby kan aanklank vind.
Vertoning beskikbaar vanaf 08:00 vm, 11 Julie.
Kaartjies is vir 72 uur nadat dit gekoop is steeds geldig.
R85.00
Out of stock