fbpx
King Price Logo

Algemene Vrae en Antwoorde

Hier onder is ’n lys van antwoorde op algemene navrae wat ons ontvang.

Beste OPTOG!-ondersteuner

Baie dankie vir jou navraag en ondersteuning!

Indien jy sukkel met toegang tot die e-konsert is jy op die regte plek! Daar kan ‘n verskeidenheid redes wees waarom jy sukkel insluitend swak internet, die gebruik van ’n verkeerde soek-enjin of probleme met toegang tot jou aanlynbanksisteem.

Ons is, nietemin, gereed en opgewonde om jou e-konsert-ervaring seepglad te laat verloop.
Ons span sien uit daarna om jou vrae so vinnig en effektief moontlik te beantwoord.

Hou asb. in gedagte: Jy kan enige tyd kaartjies koop en die vertonings kyk waar en wanneer jy wil.

Algemene Vrae en Antwoorde

A: Slegs by www.optog.co.za, onder e-konsert – “koop jou kaartjie”.

A: Meld aan op die OPTOG!-webblad met jou rekeningbesonderhede, klik op “e-konsert” en kies jou nuwe kaartjie.

A: Kredietkaartbetalings is ons enigte betaalopsie op die webblad, maar jy kan wel ‘n EFT doen! Sommige banke maak ook voorsiening dat jy jou debietkaartbesonderhede hier kan gebruik.

Vir meer inligting, stuur gerus ‘n epos aan [email protected]

A: Jy behoort binne vyf tot tien minute na afloop van die suksesvolle betaling jou e-pos te ontvang.

Indien nie, is een van hierdie drie faktore dalk die rede:

  1. Jou betalingstransaksie ‘hang’ en daarom is die bedrag steeds uitstaande. Dit beteken ons sisteem kan nog nie jou e-pos stuur nie.
  2. Die e-pos was dalk vertraag as gevolg van hoë verkeer op die webblad. Dit gaan dalk ’n uur of twee neem voor jy die e-pos ontvang.
  3. Die e-pos het dalk in jou ‘spam’ of ‘junk’ folder gaan lê, of jou e-pos het nie by jou uitgekom nie as gevolg van “failed mail delivery system”.

A: Jou wagwoord word per e-pos aan jou gestuur. Indien jy dit nie gekry het nie, kan jy kies om jou wagwoord te verander deur te klik op “wagwoord vergeet” op die “jou rekening”-bladsy op ons webblad.

A: Dit kan wees dat jy al te veel keer jou wagwoord verkeerd ingesleutel het, of dat jy al te veel keer  probeer het om dit te verander. Kontak ons op Whatsapp dat ons tegniese span jou profiel kan herstel.

A: Besoek www.optog.co.za, klik op “jou rekening” langs die “tuis”-knoppie. Meld aan met jou gebruikersnaam en wagwoord. Kies “onthou my” en klik dan op die rooi “meld aan” knoppie.

A: Gaan na “e-kaartjies”, kies die datum van die konsert wat jy wil kyk, en klik op “kyk nou”.

A: Gaan na www.optog.co.za en meld aan, klik op “e-konsert” en kies die datum van die konsert wat jy wil kyk en klik op “kyk nou”.

A: Maak jou internet soek-enjin oop (Google Chrome/ Internet Explorer of jou eie keuse).  Druk: Ctrl+Shift+N. Daar sal ‘n “incognito window” oopmaak. Tik www.optog.co.za en meld weer aan.

A: Dit is moontlik dat die konsert op jou toestel op “mute” is. Klik op die luidspreker-ikoon in die video blok. Verstel ook die klank op jou toestel.

A: Jou internet spoed is dalk stadig, jou toestel het ‘n swak konneksie of die beeldkwaliteit is laag gestel. Kliek op die ‘ratwiel’ (settings)-ikoon regs onder in die hoek op jou video skerm. Stel die stroomkwaliteit na minstens 460p. Die beste beeld is op 1080p. Onthou, ons het geen beheer oor die kapasiteit van jou internet nie. As jou bandwydte beperk is, sal jy ekstra buffertyd benodig.

A: Daar is 2 moontlike redes:

  1. Dis moontlik dat jou betaling nog nie deur is nie.
  2. In die koop-proses het jy dalk ’n nuwe rekening geskep. Ons tegniese span sal hierdie vir jou kan regstel. Stuur gerus vir ons ’n Whatsapp.

A: Jy kan die kaartjie koop in hulle naam. Sodra die transaksie afgehandel is moet jy die gebruikersnaam en wagwoord  vir hulle aanstuur. Hulle  moet hiermee aanmeld op die webblad. Die kaartjie sal dan in hul rekening lê.

A: Die vertoning is slegs beskikbaar op www.optog.co.za

A: Nee, die vertoning is slegs aanlyn beskikbaar.

A: Ja, beslis! Jou kaartjie sal vir 72 uur aktief wees, nadat jy hom gekoop het. Indien die vertoning nog nie beskikbaar is om te kyk nie, verval jou kaartjie 721 uur nadat die vertoning vrygestel word.

A: Al ons e-konserte vorm deel van ons e-biblioteek – ‘n lang-termyn stroom-platform vir musiek en teater produksies. Elke e-konsert is beskikbaar vir 12-36 maande. Jou kaartjie is geldig vir 72 uur na aankoop. As jy weer die vertoning wil stroom, sal jy weer ‘n kaartjie moet koop.

A: Daar is 2 opsies:

  1. Apple-gebruiker:
    Alle Apple-toestelle het ‘n “Screen Mirroring”-opsie. Gebruik jou Apple selfoon, iPad of Mac-rekenaar om die konsert op jou Apple Smart TV te kyk.
  1. Android/ Google-gebruikers:
    Enige foon met ‘n Android “operating system” sal na ‘n Android Smart TV (wat ‘n ingeboude Chrome Cast het) kan stroom.

Indien jy ‘n Apple-foon het kan jy steeds Google Chrome of Chrome Cast gebruik om die konsert op jou TV te kyk.

A: Solank jy Chrome Cast op jou TV het kan jy Google Chrome op jou skootrekenaar oopmaak en die konsert van daar af stroom. Sodra die video begin speel klik op “Chrome Cast” en dit sal op jou TV uitgesaai word.

A: Koppel jou TV en skootrekenaar aanmekaar met ‘n HMDi-kabel.

A: Gebruik ‘n HDMi-kabel of VGA-kabel om jou skootrekenaar aan jou TV te koppel.

Indien jou vraag nie in die lys hier bo beantwoord word nie, kontak ons gerus op
Whatsapp by 071 686 7733.

Groete,

OPTOG! – Ons bring die kuns, maak nie saak waar jy jou self bevind nie.
Optog! se e-konserte word met trots moontlik gemaak deur King Price & Atterbury Trust.