© 2020 Optog! - Ons bring die kuns | Alle regte voorbehou | All rights reserved
Woorde III is ’n produksie wat uit ’n unieke situasie gebore is. Die publiek is genooi om hul digkuns vir Lizanne te stuur en uit meer as 200 inskywings het sy nege gekies om te toonset.
In Woorde III nooi sy gaskunstenaars om saam met haar hierdie nuutgeskrewe liedjies te sing. Hierdie ‘nuwe woorde’ se reis eindig nie wanneer Lizanne dit toonset nie, néé… Anna Davel maak ook haar kreatiewe bydrae deur ’n unieke kunswerk vir elke liedjie te skep.
Hierdie produksie loop oor van kuns en kreatiwiteit. Dis ’n viering van ons land se talent. Dis werklik iets om te beleef. Moet dit nie misloop nie.
Van die gaskunstenaars sluit in: Anna Davel, Anne-Marie van Eeden, Ian Roberts, Pyjama Shark, Emma van Heyn, Helena Hettema, Loren Ehlers & Ignatius van Heerden.
Hierdie konsert is vanaf 2 Oktober beskikbaar.
Kaartjies is geldig vir 72 uur.
R85.00