Ons is kinderlik opgewonde om die publiek, vir die eerste keer in maande, weer by die teater te kan verwelkom.
Alhoewel alles nog nie naastenby terug is na normaal nie, beteken dit nie ons het nie ’n begeerte na samesyn en, natuurlik, die kunste nie. Alhoewel daar talle beperkings, reëls en regulasies is, het ons koppe bymekaargesit en ’n veilige en vermaaklike manier gevind om die teater-ervaring terug te bring.

 

Ons nooi jou om op 12 en 13 September saam met ons IN-STAP TEATER te kom beleef.
Teen slegs R90 kry jy voldag-toegang tot die teater waar meer as 20 e-konsertkunstenaars se musiek op ’n groot skerm in die teater gaan speel. Jy kry ook ’n gratis koffie, ’n smul-lekker Stephnie’s kolwyntjie én toegang tot Nataniël se pop-up Kaalkopwinkel.

 

Verskeidenheid CD’s sal ook in die voorportaal te koop wees. Dit gaan ’n feestelike affêre wees en jy kan dit nie misloop nie.

** Slegs 50 mense sal op ’n slag in die teater toegelaat word.
** Alle e-konserte wat in OPTOG! se e-bib is sal, op shuffle, in die teater uitgespeel word
** Alle veiligheidsmaatreëls sal getref word
** Die teater sal op 12 September vanaf 10:00 – 17:00 oop wees en op 13 September vanaf 10:00 – 15:00
Kom stap saam met ons hierdie nuwe, interessante pad. Ons sien uit daarna om die ons toegewyde teatergangers terug te verwelkom.

X